stukkieKAAP MAAK VAN DESEMBER N FEES!

stukkieKAAP maak van Desember n fees met n Maskerbal, n somerKersfees piekniek ete, aanlyn koop opsies en n pop-up winkel.

Hulle bied verbruikers die geleentheid om met een kliek ‘n verskeidenheid plaaslike wyne en produkte aan te koop.  Hierdie opsie is gerieflik vir aflewering en maak dit moontlik om geskenke te stuur vir jou familie wie ver is, almal waardeer n stukkieKAAP. Besoek www.stukkiekaap.co.za om die produkte te besigtig.

Besoek ook gerus hulle tydelike winkel wat sy deure sal oopmaak vir die publiek tussen 15 – 30 Desember.  Hierdie pop-up wyn -, kuns – en geskenke winkel sal oop wees tussen 9am en 6pm, gereed om te help met unieke geskenke vir almal.

Nog net ‘n paar weke van 2020 oor en ons het nog geen rede gehad om op te dress nie, ons het eintlik nog nie eers rede gehad om ons pajamas uit te trek nie. Ons gaan sekerlik nie dat die jaar ons so onder kry nie! Dagboek Vrydag, 4 Desember om 6:30pm vir stukkieKAAP bied aan Wellington Maskerbal!  

Dragkode: Formeel

Gaskunstenaar: Juan Casey

Koste: R550 per persoon (Drie gang ete en wyne ingesluit)

Daar is beperkte spasie so bespreek dus so gou moontlik per e-pos aan admin@KURK.co.za of koop jou kaartjie aanlyn by www.stukkiekaap.co.za.  Die perseel moet 11:45 pm ontruim wees; met Covid19 regulasies, sal jou glasskoen verdwyn en koets in n pampoen verander na 24:00.

COVID-19 voorsorgmaatreëls geld l Taxidiens beskikbaar op vooraf bespreking.

Kersfees kom. Kersfees kom. Geniet ‘n somerKersfees piekniek ete op 25 Desember van 11:30am saam met vriende en familie in Wellington. Haal hierdie kersfees die druk van jou af en bederf jou gaste met ‘n heerlike lae inspanning kerstafel. Bring gerus ‘n piekniek kombers en die kinders se nuwe buitespeel speelgoed. Hierdie ete kan in groepsverban, of individueel bespreek word. Dit is perfek vir enkellopendes wie nie Kersdag alleen wil deurbring nie of groot groepe wat ekstra spasie benodig.

Neem kennis: Hierdie ete word aangebied binne n Christelike verwysing met Christelike musiek en spyskaart.

Sou jy dalk n ekstra persentjie benodig vir die gaste in jou groep stel ons die bubble-kouse voor. Dit is ons kerskouse met ‘n verskeidenheid bubbles. Volg ons op FB vir meer inligting hieroor -@stukkieKAAP.

Koste R450 vir volwassenes l R250 vir kinders.

Bespreek per e-pos aan admin@KURK.co.za of by www.stukkiekaap.co.za.