Place Category: Businesses and Visitor Services
-
KURK. KURKPROP. KURKTREK: KURKPROP PROMOSIES
KURKKontemporêr is geleë in die Breytenbach Sentrum in Wellington (Burger Straat). Die Breytenbach Sentrum, oorspronklike woonhuis van Breyten Breytenbach dien nou as gemeenskapsentrum en oase vir kunsliefhebbers. KURKKontemporêr dien as die visuele spasie waar sensoriese kunste vanuit Wellington bemark word.
‘n Verskeidenheid wyne vanuit die Wellington streek word uitgestal, asook ‘n reeks verskillende konfyte, olyfolies, koffie, roomys en gedroogte produkte. Alles eie aan die streek.
KURKKontemporêr bied kliënte die geleentheid om ‘n “Stukkie Wellington” op te maak, en saam te neem huistoe.
Kontak Xania van der Merwe, eienaar van KURK by kurkprop.promosies@gmail.com of +27(0)82 493 9087
-
Address: 14 Burger St
Wellington
Western Cape
7655
South AfricaPhone: 082 493 9087 -