
Saterdag het ons van Wellington se beste plaaslike musikante by Die Bôrdienghuis. Deon Meiring (van Glaskas en Dans Dans Lisa) woon deesdae hier op die dorp en kom sing van sy bekende gunstelinge, ’n paar nuwes en vertel van sy stories. Jackson Hyde and the Jeffrey’s Witnesses bring lekker, lewendige blues en rock en Musikant Kwadraat is die jong ouens wat jy deesdae al hoe meer in en om Wellington sien speel. Jy kan al van 17:00 af pizzas en drankies bestel en 18:00 begin die musiek. Kaartjies kos R100 en jy kan bespreek deur ’n boodskap te stuur vir Jeannine op 061 156 5386. Kom gooi die week se dinge af saam met ons plaaslike talent!