
Op Saterdag 13 Maart tree Luna Paige op by Die Bôrdienghuis. Paige se konserte word gekenmerk deur haar stories en soms tong-in-die-kies kommentaar oor ons goeie ou vriend, die lewe. Haar stem en melodieë is meesleurend. Sedert haar eerste amptelike opname en vrystelling in 1999 het Luna 6 albums agter haar naam. Sy het die laaste paar jaar gefokus op die ontwikkeling van ‘n verskeidenheid musiekteaterproduksies. Onder andere, Smeltkroes, wat te sien was as deel van die Tuin van Digters program in Wellington verlede jaar. Om 13h00 kan kuns- en musiekliefhebbers voor die verhoog inskuif vir ‘n lieflike solo-konsert waarin Luna van haar ou gunstelinge sowel as nuwe musiek wat spruit uit die inperking sal opvoer.
Bespreek kaartjies teen R150 by Jeannine: 061 156 5386