Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Kwatryn Aand by Die Bôrdienghuis Teater

May 5 @ 6:30 pm

Die lewe het net vier reëls nodig.
Kom geniet ‘n aand van Pizza & Wyn by Wellington se Breytenbach Teater in samewerking met Mont du Toit.
Mont du Toit het onlangs ‘n kwatryn kompetisie geloods waar die publiek genooi is om ‘n wyn-kwatryn te skryf wat op die rugettikkette gebruik kan word van die Mont Du Toit premium reeks.
Op Woensdag 5 Mei deel Stephan du Toit en Deon Meiring van hierdie kwatryne met jou, in kombinasie met n Deon Meiring vertoning.
Bespreek vroegtydig
Met R120 koop jy ‘n toegangskaartjie vir die aand waar jy die nuwe La Colline wyne sal proe met bypassende pizza, gevolg deur ‘n Deon Meiring vertoning.
Digters wat nog nie vir die kompetisie ingeskryf het nie, kan besoek aflê by www.versindaba.co.za vir inligting en kwatryne indien vir oorweging.
Sou jy ‘n gretige digter wees wat ook vir n aand die verhoog vir 5 min met Deon wil deel om self jou kwatryn voor te dra, stel ons voor jy laat geen gras onder jou voete groei nie, en skryf vandag nog in via versindaba.co.za. Rig ook n e-pos aan kelder@montdutoit.co.za om ons hiervan bewus te maak.
Bespreking by 061 156 5386 of 082 493 9087

Details

Date:
May 5
Time:
6:30 pm
Event Category:

Venue

Die Bôrdienghuis Teater
14 Burger Street, Wellington 7655
Wellington, South Africa 7655 South Africa
+ Google Map
Phone:
0611 565 386