Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Ballads & Ballas – R140pp at Die Bôrdienghuis Teater

September 1 @ 6:00 pm - 9:00 pm

Vier Vrouemaand saammet KURK, Jaxs Music en jou bestie. Kom geniet n aand vol humor. R140 sluit ‘n glas wyn, en floating pizza in terwyl ons luister na Jackie.
WhatsApp 061 156 5386 om te book.
Jax Music is die perfekte kabaretagtige mengsel tussen warm ballades en komiese karakter-gedrewe satiriese liedjies gebeur als voor jou met ’n glasie wyn in jou hand. Jax Music is een van min kunstenaars in die wêreld wie komedie en ou koeie aandurf met ’n klavier en ’n paar regte egte Suid Afrikaanse vloekwoordjies daarby (daarom kan kinders onder sestien jarige ouderdom nie hierdie vertoning bywoon nie. Al was jou baba se eerste woorde “aai pok”!).
Elke liedjie van Jax Music is oorspronklik en onder dertig minute geskryf!
Jax Music se unieke musiekstyl en vertolking van haar verskillende “Ballas-karakters” is ’n behoor-like ervaring wat die gehoor bereik omdat hierdie karakters meestal gebasseer is op mense wie ons ken. Teen hierdie tyd ken almal al iemand wie ’n “Karen” is of in QAnon glo. (Bring hulle gerus saam, maar reël dalk twee verskillende Uber-ritte terug).
Jy gaan ten minste een keer regtig baie hard lag en keer baie graag wil huil, want Jax Music se ballades is gegrond op liefdesverhale met ongelukkige eindes. Hierdie wonderlike musikale oomb-likke gaan jou nie spyt maak om ’n kaartjie te koop nie.
Ballads en ballas is ’n belewenis wat jou lank gaan bybly.
Laastens (en nog ’n rede hoekom kinders nie daar moet wees nie), die toplose kuns prints…
Daar gaan ook tien toplose kuns prints te koop wees van Jax Music na afloop van die vertoning. Jax Music is ’n kampvegter vir vrouens wie “sexual objectification” teenstaan nippel en al. Haar facebook profiel is nog ’n getuienis hoe sy dié platform aanvat oor hul dubbel standaarde vir vroulike gebruikers. Die kuns prints is net beskikbaar by Jax Music vertonings en net tien per vertoning word toegelaat vir verkope omdat dit steeds proteskuns is en nie ’n goedkoop advertensie vir eensames nie. Wees gewaarsku. Sy byt jou deur haar masker as jy jouself onbe-hoorlik gedra!

Details

Date:
September 1
Time:
6:00 pm - 9:00 pm
Event Category:

Venue

Die Bôrdienghuis Teater
14 Burger Street, Wellington 7655
Wellington, South Africa 7655 South Africa
+ Google Map
Phone:
0611 565 386