Loading Events

« All Events

Silwerkruin Basaar

March 2 @ 5:00 pm - 9:00 pm

Die jaarlikse Basaar is een van Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes se Hoof fondsinsamelingsprojekte vir die jaar en vind op Vrydag 2 Maart 2018 vanaf 17:00 by Silwerkruin (Bainstraat Ingang word gebruik)
Daar is reeds kaartjies beskikbaar by SIlwerkruin Ontvangs vir heerlike Hoender Braai kaartjies @ R70 per persoon.
Die gasstofies en vure sal reeds van vroeg af hoog brand en daar sal Jaffles,Hamburgers,Boerewors rolle,gevulde vetkoeke,sosaties,basaar poeding en pannekoek ook te ete wees. Daar sal ook handwerk en wit olifant te kus en te keur wees.Spesiale voorsiening word gemaak om die woelige lyfies bedrywig te hou by die Kindertuin.
Kom sluit die week saam met u gesin op ‘n gesellige noot af en kom kuier saam met ons in die Kuier tuin met country musiek deur Denise Carstens en Freddie vanaf 17:30.
Ons sien uit om u almal daar te sien,

Details

Date:
March 2
Time:
5:00 pm - 9:00 pm
Event Category:

Venue

Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes
Fonteinstraat
Wellington, Western Cape 7655 South Africa
+ Google Map