Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Oopmond 29 Feb Die Bordienghuis Breytenbach Sentrum Wellington

February 29 @ 6:00 pm - 11:00 pm

Oopmond is ’n woord-en-musiek aangeleentheid soos min.

Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en ‘n paar musikante , ’n maltrap seremonie/skeidsregter. En, natuurlik, ’n pretbeluste, geïnspireerde gehoor.

Die digters en musikante ding as groepe mee teen mekaar. Die digters kry ’n tema (bepaal deur die gehoor) en het tien minute om ’n nuwe, impromptu gedig te skryf – wat dan direk daarna deur ’n span musikante getoonset word.

Die uiteinde? Twee splinternuwe songs en ’n handvol nuwe gedigte. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met woorde en oorspronklike musiek.

Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum in Wellington is die skeppende span van Oopmond se nuwe tuiste waar hulle elke kwartaal hulle slag met woorde, gedigte musiek en toonsettings wys.

Kom join ons gerus!

WANNEER: Saterdag 29 Februarie 2020
TYD: 20:00 (met pizza’s en wyn en ander drinkgoed al van 18:00 te koop.
WAAR: Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach Sentrum in Burgerstrtaat 14 in Wellington
KAARTJIES: R100 per persoon
BESPREEK: teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

Details

Date:
February 29
Time:
6:00 pm - 11:00 pm
Event Category:

Venue

Breytenbach Sentrum
14 Burger Street, PO Box 365
Wellington, Western Cape 7655 South Africa
+ Google Map
Phone:
021 873 2786
Website:
www.breytenbachsentum.co.za