Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Joshua na die Reën (BlackieKunstefees) Buitelugkonsert

May 8 @ 7:00 pm - 10:00 pm

KAARTJIES BESKIKBAAR VANAF 15 FEBRUARIE 2020 BY HUGENOTE HOëRSKOOL

Die BlackieKunstefees se laaste konsert is Joshua na die Reën. Die konsert is vir oud en jonk en sal op Murrayfield (A-Rugbyveld) van Hugenote Hoërskool aangebied word.

Bring eie kampstoele of komberse en kuier onder die sterre met die sterre!

Joshua na die Reën behandel uiteenlopende temas in sy musiek – van vrolike tot introspektiewe. Die liriese inhoud van sy album is gebaseer op persoonlike ervarings en is ten alle tye eerlik, onpretensieus en outentiek.

“Joshua na die Reën is ‘n opwindende unieke nuwe stem op die Suid-Afrikaanse musiek horison. ‘n Nuwe klank wat nog nie in Afrikaans gehoor is nie. ‘n Oorspronklike liedjieskrywer en sanger met die mooiste melodieë. Luister gerus ‘Dra die liggies’… ‘Hardloop in die veld in’… en ‘Lig op die Horison’… Daar was lanklaas ‘n mooi nuwe gesig en stem wat so gesout agter die klavier inskuif en die wêreld oorrompel met sy songs!”
~ Jak de Priester

Details

Date:
May 8
Time:
7:00 pm - 10:00 pm
Event Category:

Venue

Hugenote Hoërskool
2759 Blouvlei Rd
Cape town, South Africa 7655 South Africa
+ Google Map