Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Grease – The Musical

May 8 @ 7:00 pm - May 11 @ 10:00 pm

As “Grease” die woord is wat jou aan die ruk en rol kry, moet jy vanaf 8-11 Mei 2018 by Hugenote Hoërskool ‘n draai maak waar hierdie gewilde musiekblyspel op die planke sal wees.

Hugenote Hoërskool se talentevolle span akteurs en sangers span saam om hierdie bekende storie en onvergeetlike musiek van die “Pink Ladies”en die “Burger Palace Boys” aan te bied.

Tussen al die kattekwaad wat die bendes aanjaag, word daar gesing en gedans op die maat van geliefde liedjies soos Summer Nights, We go together, Look at me I’m Sandra Dee en Beauty School Dropout.

Grease is Hugenote Hoërskool se derde musiekblyspel in die afgelope drie jaar. Na die wegholsukses en uitverkoopte sale van Beauty and the Beast en Sound of Music, was hierdie jaar se keuse ‘n maklike een. ‘n Lewendige orkes begelei die sangers en dansers en sal die voete laat jeuk.

Johann Enslin is aan stuur van sake en behartig die musiek. Leandé Strömbeck en André Terblanché is die regisseurs. Nicolene During is weer terug as choreograaf.

Die rolverdeling bestaan uit 50 lede, onder andere Suné van Niekerk (Sandy), Emile du Plessis (Danny), Henk van der Spuy (Kenicke), Danré de Beer (Rodger), Gert Jordaan (Doody), Reece Poole (Sonny), Paula Zeeman (Frenchy), Mija Zeeman (Jan), Jana Malan (Marty) en Megan de Waal (Rizzo).

Kaartjies vir Grease is te koop teen R80 vir kinders en R100 vir volwassenes by Hugenote Hoërskool.

11 Mei is die Gala-aand. Kaartjies vir die saal kos R200 per persoon en sluit ‘n ete in. Galery-kaartjies is steeds teen normale pryse te koop vir die aand.

Vir enige navrae, kontak 021-873-2111 of jenslin@hugenoteskool.co.za

Details

Start:
May 8 @ 7:00 pm
End:
May 11 @ 10:00 pm
Event Category:

Venue

Hugenote Hoerskool
Blouvlei Road
Wellington , Western Cape 7655 South Africa
+ Google Map
Phone:
021 873 2111
Website:
https://http://www.hugenoteskool.co.za/